Duif - Wikipedia
'n Duif is 'n voël wat aan die orde van duifagtiges (Columbidae) behoort.Hulle is meestal middelgroot en kompak van bou met 'n ronde bors en 'n kleinerige kop. Hulle het 'n vinnige, maar meestal reglynige vlug. In teenstelling tot ander voëls kan hulle water met hulle snawels opsuig. As gevolg hiervan kan hulle vinnig groot volumes water inneem. Jong duiwe word met duiwemelk uit die krop gevoer.