Wes-Bengale - Wikipedia
Wes-Bengale of Poschim Bongo (Bengaals: পশ্চিমবঙ্গ, Engels: West Bengal) is 'n deelstaat in Oos-Indië.Die hoofstad en grootste stad van die deelstaat is Kolkata (ook bekend as Kalkutta).Volgens die 2011-sensus het Wes-Bengale 'n bevolking van sowat 91 miljoen gehad en is dus die vierde digsbevolkte deelstaat in die land.